- Die Mense Wat Ek Lief Het
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie
En as daar 'n oorlog kom
- Die Wind Waai Vanaand Verskriklik
Die wind waai vanaand verskriklik
Dis die swart Suidoos, ek wonder of my mure gaan bly staan
En waarheen skep die wind my as hy my beetkry, kan hy my verder waai as waar ek is
Ooh, Bokkie so is die wind maar een dag nog vriend’lik die volgende dag verdwaal
Die wind klim tussen my mure in, in elke holte in, dit ruk en pluk aan alles wat nog naby is
Die mure het ore, almal luister in
‘n Mens kan so ‘n wind glad nie vertrou
Ooh, Bokkie so is die wind maar een dag plesierig sommer die volgende dag al blou
- Die Windmeul Van Jou Siel
Rond soos ’n sirkel in ’n kringloop, soos ’n wiel draai in ’n tol
G’n begin en ook g’n einde op ’n eind’lose katrol
Soos ’n rots val deur die ruimte, of ’n karnavalballon
Soos ’n mallemeul se draaipad, draai hy kringe om die son
Soos die hand van ’n horlosie die minute weer laat leef
En die aarde soos ’n appel deur die stille ruimte sweef
Soos die sirkel van die wiel in die windmeul van jou siel
Soos ’n tonnel deur die aarde na ’n tonnel ongekaart
- Skouspel 2010
Die tannies lyk mooi en die ooms effe rooi
Van die gholf en die masjiene en die blackjack
Dit is warm en opwindend almal loop al singend
Na die super duper dome in die berge
Ricus Nel bly in die Grand Hotel
Hy vang ‘n middagslapie voor al die aksie en hier is wat hy ons vertel
By die Makietie se grootste attraksie, Skouspel 2010
Maak toe julle vensters, maak toe julle skuifdeure
- Vier Seisoene Kind
Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die wintervure brand
En die nagte vir die somer lê en wag
Sy giet haar trane in die see
Stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lang vergete smart
Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor