- Bloutrein
Ek wag in die straat vir genade brood
Bedel bietjies hoop met die bakhand oop
Met ‘n bord en ‘n blik skep ek koper krummels
Van die hand tot die mond val die pap op die grond
Daar’s nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
- Hakieshart
Ek sien dit lankal aankom
Maar my hart, verklaar my stom
Sy snare in die reën trek krom
Want krakies kraak
Al is hulle goed vermom
Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat
'n Storm in 'n wynglas sal spat
Nou's my spore net stof langs die pad
- Honger Hart
Laat my staan
In die reen en wag
vir n laaste slag op jou
laat my staan in die reen vir jou
Ek sal wag
Deur die donker uur
En deur die winter van my woorde
- Net Voor Die Storm Kom
Hoe, lank al praat ons, nie meer nie?
Stiltes, om ons, raak te veel
Beter, sal ek nooit weer kry nie
Maar ek moet nou sien dis verby
Net voor die storm kom
Sal ek groet en sê, ek draai nie om
Met my hart maak ek my laaste wens
Ek sien jou deur 'n gebreekte lens
- Pakpoort
Was ek smoordronk op jou stoep
Het ek iemand iets hoor roep
Uit die stadslawaai
Ek sê ons maak toe nog 'n skyf
Ek in die holte van jou lyf
Terwyl ons kyk hoe sak die son
Was daar iets wat jy wou sê
Ek voel die woorde in jou longe lê
- Praat Is Te Laat
Johannesburg n wêreldstad hollywood in kaapstad
Die jollers bly laat wakker veral hier in die goudstad
Maar as jy by die robot stop hou bedelhande borde op
Geld vir brood en sop
Toe agterdog sy kop uitsteek die stad se ritme val
Op soek na melk en heuning staan die kinders kaal
Daar's wenners wat wil wegloop verloorders sonder tal
Maar jy stap in die straat ou maat die mense maak jou mal
- Sal Jy Bly
My voete stap al jare lank
Tussen rigtingwysers op die Noord-Wes pad
Met n brief in my hand
Al die pad van Wolmaransstad
Ek voel al die ink uit die brief uit tap
Ek ruik haar hare as ek saans gaan slaap
In my ou houthuis
- Skaakspel
Dis die raaisel van die skaakspel
met die uurglas wat die tyd tel
die koning stuur kastele
die perde kry bevele
en die koningin baklei
Gooi jou kaarte op die tafel
laat jou dobbelsteen maar val
die pionne uitgepak