- Afrikaanse Keurspel
Jy was beautiful in Beaufort-Wes en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou en ek en jy het op grafte en op treine op fort verleine se agterseats gevry
En nou is jy en jou man mos computer alalysts
Laas winter you try to cut above your wrists en nou skryf jy vir my
Jy kan nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets vir jouself doen
Nee nooit ooit weer vir my soen nie
Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy menthol sigarette rook
- Die Land
Waar gaan jy speel met jou maatjies?
Waar gaan jou spore toe waai?
Waar gaan jy val gaan jy opstaan en huil?
En waar gaan jy staar na die son sak wat myle strek?
Wat los ons oor vir ons kinders?
Wat sal ons eendag kan wys?
Wat is nog reg of verkeerd wil ek weet?
Wat bekoms soos jare se sweet te vergete gaan?
- Grondpad
Stopstraat, doringdraad en ek weet wat jy wil hê
Ek weet wat se pad ek nou moet vat ek kom my hart by jou hier lê
Ek's die een wat by jou sal bly in die oggend dou voor dag
By my sal jy die altyd koffie kry dis 'n soen waarvoor ek wag
Ek vat die grondpad, stofpad weet dit gaan dit nog lank vat afdraai net na jou
Ek vat die teerpad weet dat nat pad, slaag gaat al die paaie ly na jou
Ek vat die langpad, veldpad twee spoor weet dat ek is amper daar by jou
Waar die paaie afdraai elke hoek draai ek is amper daar by jou
- Jou Glimlag
Jou oë kyk deur die diepste seer
Jou hart hou moed vir 'n laaste keer
Jou hand wag om iemand s'n vas te hou
Daar is een ding wat jy wegsteek wat ek onthou
Jou glimlag lig die wêreld op
Jy sit my neer op die hoogste horison
Maak nie saak waarvandaan dit kom jou glimlag sien mens raak
In 'n doodloop straat soos 'n helder lig die donker uit skyn
- Kop Op My Bors
My liefie kop op my bors
Les die dors in my siel
En tye sonder jou
Het my so erg verniel
Ek voel die sag van jou lyf
En hoe jy nader skuif
En in die blou van jou oë
Kan ek in liefde glo
- Liefdesbeker
Ek spog by almal van jou as ek praat
Maar een ding wat ek weet, jy speel my hart se snare raak
Jou kyke slaan my asem weg, jy gee my rede om vir jou te veg
Die passie binne my, ek sal vir jou baklei
Jy's my hart se punt jy wen alweer my liefdesbeker, voor my woorde koud raak voel my hand in joune beter
Beter as die woorde uit my mond
Sterker as ‘n Kaapse koue front
Jy weet jy wen my hart se liefdesbeker, my hart word net gaan stil staan want saam met my is jy verseker
- Net Vir Jou
Verlore hart sal jy hom weer kan vind?
Verlore kaans wat ons nooit weer terug sal bring
Jy moet weet dat my hart jou ritme klop
Ek wonder wat het van ons geword?
Maar dink jy dit was als te veel
Toe ek my drome met jou deel?
Was alles nie net dalk te gou?
Daar was geen rede vir terug hou
- Old School Liefde
Vanaand op die stereo
Is daar 'n liedjie net vir jou
En ek sien jou saam met Elvis dans
Soos 'n meisie uit die sestigs sou
Jy swem in daardie baadjie van my
Maar hy sal om jou skouers bly
En soos jou naam op my helmet staan
Gaan ons liefdes storie nooit verby
- R.S.A
'n Stowwe kar kom nader en hy stop hier langs my
'n Blomme girl en 'n ou met 'n rowwe baard
My voete brand soos sy verby die Oppie Koppie sticker hardloop
Op die agterruit in stof geskryf, was my
En in my hart hou ek vas aan hierdie stukkie son
My kinder dae, my wortels my huis
Want ek's gemaak in die R.S.A
Jy het my gedra, jy was altyd daar
- Rock In Liefde
Ek is jou loverboy en jy is my Rozanna
Jy's die poison na die hart van my
Maak it Hurt So Good in your Achey Breaky Heart vir my
Ons is Dressed For Success en ek luister na jou hart
Want ons rock net in liefde
Ons is simply the best
Niks sal ons breek nie
We've got The Eye of the Tiger
- Stille Soldate
Is hulle vergete?
Is hulle nog hier?
Die stille soldate
Baklei vir ons land
Waar lê ons soldate?
Ja reg oor ons land
Die silent soldiers
Ons salute jou met die stem in ons hart
- Wagwoord
Miskien is dit ek
Miskien was dit jy?
Dit vat net een kyk
En dis verby met my
Ek snak na my asem
As ek na jou kyk
Ek weet dit is wansin
Weet jy hoe mooi jy lyk?
- Weskus Se Kind
Hulle sê ek's my ma s'n
Maar ek weet ek is Weskus se kind
Namaqua se hart laat my leef
Laat my blom in die wind
En in Boesmanland kan jy jou bere
Tot jou hart weer sy vreugde kan vind
Want die Weskus se bloed is dikker as water
En die Hantam se liefde is blind